GEORGE GHOLFNUUS - Die groot gholfuitdaag tussen spelers van Three Chameleons en Glenwood Saterdag by Three Chameleons het genoeg drama en opwinding opgelewer om 'n sepie soos Sewende Laan op te kikker.
Die manne van Three Chameleons het hul tuisbaanvoordeel goed benut om die putjiespelkompetisie met 5 en 4 te wen.
Charl Pretorius (44 punte) en André Britz (37), albei van Three Chameleons, het die toon aangegee met Glenwood se Hannes Retief (32) en Marselino Fredericks (28) onderskeidelik derde en vierde.
Dié nie-amptelike sosiale uitdaag-kompetisie sal gereeld gespeel word met Glenwood wat die binnekort gasheer speel. "Dan gaan ons beslis die bordjies verhang," het Hannes Retief met 'n vonkel in sy oog aan George Herald gesê.
Charl Pretorius reken egter dat Glenwood meer van dieselfde gaan kry, "maar dat hy darem byderhand sal wees om noodhulp op die 19de putjie toe te pas".
Charl Pretorius slaan 'n perfekte dryfhou op die agtste. Foto's: Hugo Redelinghuys
So naby soos demmit aan 'n vloekwoord. Hannes Retief (Glenwood) wys hoe naby sy bofhou op die sewende putjie aan 'n kolhou was.
André Britz slaan sy bofhou op die tiende.
Dit het groot konsentrasie van Hannes Retief geverg om dié delikate kaphoutjie te speel.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'