Gallery
GEORGE GHOLFNUUS - Die Kwaggas wil graag hul opregte dank betuig aan Sanlam Private Wealth, die hoofborg van hul jaarlikse Kwagga-gholfdag vir liefdadigheid, wat op 22 November te Fancourt aangebied is.
Die opbrengs van die dag is ten bate van die Kwagga Trust, wat hom veral toespits op behoeftige leerders asook die toppresteerders in Hoërskool Outeniqua. Met die nodige finansiële ondersteuning kan aan hierdie leerders geleenthede tot groei en ontwikkeling van hul volle potensiaal, op die terrein van sport, kultuur, akademie en leierskap gebied word.
Die gholfdag is met trots geborg deur Sanlam Private Wealth. Lynn Schroeder BMW, Shell Kraaibosch, Koelenhof Wines en South Cape Distributors was ook borge van die geleentheid.
"Die sukses van die dag word met waardering toegeskryf aan die lojaliteit van spelers, asook die oop hand van talle borge en verskaffers van Hoërskool Outeniqua wat by sulke geleenthede die aktiwiteite ondersteun.
Die ondersteunende rol van oud-Kwaggas en ouers van die skool word ook hoog aangeskryf," sê die voorsitter van die Kwagga Trust, Johann Venter.
Aurora Fourie (links) van Meridian Realty, een van die lojale borge, en haar span wat spelers op die pragtige Montagu-baan heerlik trakteer het, in ‘n baie ontspanne luim.
Herman Hengeveld, George Payne, Alwyn van der Merwe van Sanlam Private Wealth en David Lloyd het deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'