Gallery
GEORGE GHOLFNUUS - SA for Hope het Saterdag 1 April 'n gholfdag by Glenwood-gholfbaan ten bate van boere wat onder droogte gebuk gaan, aangebied.
Meer as 70 spelers het aan die fondsinsameling deelgeneem.
'n Renault Kwid was op die spel vir 'n gelukkige speler wat 'n kolhou op die 12de putjie kon slaan en R100 000 kon gewen word vir 'n kolhou op die 17de putjie. Ongelukkig was dié twee aanloklike pryse nie vir enige van die spelers beskore nie.
FOTOGALERY: Gholfdag ten bate van droogtehulp
Volgens SA for Hope se Pieter du Plessis, was die dag 'n enorme sukses.
"Dankie aan elkeen wat deelgeneem het aan hierdie wonderlike dag. Al die spelers het hulle beste probeer om 'n motor of R100 000 te wen. Ongelukkig moes daardie twee pryse oorgedra word na die volgende SA vir Hope-gholfdag. Met almal se bydraes kan ons moontlik ses ton voer koop. Welgedaan ook aan Buks Gericke en Wayne Weyer wat aangewys is as die algehele wenners op die dag," sê hy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’