GEORGE GHOLFNUUS - Nieteenstaande dreigende reën het verskeie mense uit die sakegemeenskap verlede Donderdagoggend, 20 Mei, nader-gestaan om deel te neem aan George-sakekamer se gholfdag by die Kingswood-gholfbaan.
Dit is 'n jaarlikse instelling en is vanjaar deur Tekkie Town geborg.
Volgens die organiseerders het altesaam 25 spanne (100 deelnemers) onder streng Covid-19-maatreëls afgeslaan. Dit het om 11:00 begin en is later onderbreek deur 'n windstorm en reën. Die spelers kon nie die spel voltooi nie.
Pryse is toe deur middel van 'n trekking aan spelers toegeken wat dit op 'n latere stadium by die klubhuis kon gaan afhaal.
Die gholfdag is om die fondse van die George-sakekamer te versterk en sodoende die maandelikse administratiewe verpligtinge te betaal.
Die sakekamer maak ook jaarliks 'n donasie aan 'n welsynsorganisasie van hul keuse.
Die organiseerders het die hoofborg, Tekkie Town, en alle ander borge vir die pryse bedank.
Dr. Willie Cilliers, ondervoorsitter van die George-sakekamer, Riaan van Rooyen, hoof- uitvoerende beampte van Tekkie Town en Sarel Theron van Tekkie Town. Tekkie Town was die hoofborg van die gholfdag.
Kapt. Wynand Westraadt, kol. Douw Herbst, dr. Willie Cilliers, ondervoorsitter van die George-sakekamer, kapt. Ronel Westraadt en sers. Wilson Jantjies, Donderdag kort voor die afslaan van die sakekamer se jaarlikse gholfdag. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'