Die jaarlikse toernooi het reeds in 1989 begin en vind elke jaar in Januarie plaas wanneer honderde toeskouers op die groot dag na die sportvelde stroom om hul gunsteling spanne aan te moedig.
Volgens Richard Wesso, wat jaarliks deel uitmaak van die komitee, is die dorp in die tagtigerjare deur geweld geteister. 'n Paar studente het, volgens hom, met die idee gekom om die sokkertoernooi te hou ten einde mense bymekaar te bring. Die gemeenskapsleiers en die polisie was ook vanuit die staanspoor betrokke.
Die misdaadsyfer het, volgens hom, aansienlik gedaal en hy dank almal wat betrokke is by die toernooi.
Brazil, die kampioenspan wat vanjaar die toernooi gewen het.