SUID-KAAP KRIEKETNUUS - Western Hope krieketklub se A-span het Pacaltsdorp Saterdag op die Bridgton sportterrein in 'n SWD Premierliga wedstryd met twee paaltjies geklop.
Die besoekers het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Pacaltsdorp se kolwers is almal vir slegs 140 lopies in die 34ste boulbeurt uitgehaal. Vir Western Hope het Michael Hess die beste met die bal gevaar en 4/41 in sy toegelate 10 boulbeurte geneem.
Hy was goed ondersteun deur Jaco Windvogel wat op sy beurt 3/17 laat kantel het. In Western Hope se kolfbeurt het die middelorde kolwer, Steve Lourens die beurt geanker en 'n sprankelende 53* lopies aangeteken.
Die tuispan het uiteindelik daarin geslaag om die wenteiken in die 42ste boulbeurt te bereik, met twee paaltjies nog staande. Hierdie oorwinning het Western Hope se punte op die SWD Premierliga punteleer opgeskuif na 14 punte in nege wedstryde.
Western Hope se volgende wedstryd is 12 Januarie teen Mosselbaai op Mosselbaai.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'