GEORGE KRIEKETNUUS - As deel van hul taak om vroue- en dogterskrieketspelers af te rig, het die Rosemoor Cricket Hub afrigting op die velde van Laerskool Blanco verskaf.
Verskeie afrigters het hul vaardighede met die jong dogters gedeel en hulle het dit ooglopend geniet om aan die spel bekendgestel te word.
Betrokkenes by die afrigting van mini-krieket is agter, van links: Anwar Giewelaar (SWD intern), Angus Roelfse (Rosemoor Hub-hoofafrigter), Sydwell Williams (Rosemoor Hub-assistentafrigter), Elize Odendaal (Diepkloof Primêr), Christo Ferendale (Diepkloof Primêr) en Shaun Pretorius (SWD vroue en o.19 dogtersafrigter). Voor: Elmarie Potgieter (Heidedal Primêr), Reagan Booysen (SWD-Krieket), Jennifer Robinson (St Pauls Primêr), Joulene Jacobs (Kretzenshoop Primêr), Wilmi Dempsey (Diepkloof Primêr),
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'