GEORGE KRIEKETNUUS - SWD LSEN-rugby het 'n groep van 23 spelers gekies om hom in die Junie-vakansie by die nasionale Cravenweek-toernooi in Vanderbijlpark te verteenwoordig.
Die LSEN-spanlede het verlede Donderdagaand hul pette tydens 'n seremonie in die Wilderness-hotel ontvang.
Deidre Kachelhoffer het vir die George Herald die geleentheid gedek.
Die SWD LSEN-agterspelers wat in Vanderbijlpark hul hakskene vir hul teenstanders gaan wys. Agter, van links: Marx Hartnick (Van Kervel), Edgar Michaels (Van Kervel), Tauric Heunis (Olympia), Keano Brown (Olympia) en Lee-Gaylin Arendse (Van Kervel). Voor: Leroy Kiewiets (Olympia), Keanan Johnson (Van Kervel), Kenneth Fortuin (OVS), Cybrian Samspon (Olympia) en Eldino Bhiel (Olympia).
Die SWD LSEN-afrigters en spanbestuurder wat die groep na die Cravenweek gaan vergesel. Van links: Hilton Maralack (spanbestuurder), Theodore Jacobs (afrigter) en Louis Lourens (hulpafrigter). Theodore het ook die rugbysakke geborg.
Die 13 voorspelers wat vir die SWD LSEN-span by die Cravenweek-toernooi in Vanderbiljpak gaan uitdraf. Agter, van links: Breyten Raubenheimer (Van Kervel), Bonga Jikana (Van Kervel), Anrich Stander (Oudtshoorn Vaardigheid Skool - OVS), Curtley Arries (Van Kervel), Clemen-Jade Jacobs (Van Kervel) en Cedron Julies (Olympia). Voor: Ruben Els (OVS), Herschelle Joubert (Van Kervel), Jade Plaatjies (Olympia), El-Juan Blignaut (Van Kervel), Ashley Gentle (Van Kervel) en Shaundee Spogter (Olympia).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'