Pacs het hiermee vyf waardevolle ligapunte verdien en ook gekwalifiseer vir die T-20 kwarteindstryd.
Sondag se Sedgars-eendagwedstryd oor 50 boulbeurte tussen Mosselbaai en Pacs United op Pacs Park is deur groot drama gekenmerk met die skeidsregter Wynand de Ridder wat vier omstrede beslissings teen die tuisspan se kolwers gemaak wat hulle die wedstryd gekos het. Pacs United het dié riller naelskraap met vier lopies verloor.
Mosselbaai is ingestuur om eer-ste te kolf en was op 98/8 teen die planke. Die besoekers se stertkolwers het goed herstel en die telling na 'n verdedigbare 150 lopies geneem.
Vir Pacs United het Mario Pedro (4/26) en Danvor Muller (3/23) oudergewoonte geskitter met die bal.
Die tuisspan het in hul jaagtog na die wenteiken die druk vroeg begin voel toe vier van hul top ses kolwers op omstrede wyse deur swak beslissings van De Ridder kleedkamer toe gestuur is. Op 44/4 was hulle in die knyp, maar danksy bestendige kolfwerk deur Danzil Manewil (36), Ryann Prigon (25) en Enver Bezuidenhout (17) het die tuisspan mooi herstel. Pacs United speel Saterdag teen Sussex op Pacs Park in 'n een-dagwedstryd oor 50 boulbeurte. Spel begin om 10:00. Die B-span speel op Rooirivierrif teen George se naasbestes.
Mario Pedro ( 4/26), kaptein van Pacs United, het verlede Sondag teen Mosselbaai weer oudergewoonte geskitter met die bal. Maar vier omstrede beslissings deur die skeidsregter het die tuisspan gekelder en Mosselbaai met vier lopies laat wen.
'Ons bring jou die nuutste George | Tuinroete nuus'