Die betrokke skole is St Pauls Primêr, St Marys Primêr, Hibernia Primêr en Thembalethu Primêr.
Tydens hierdie afrigtingsessie is moderne tegnologie gebruik om spelers se vaardighede op te skerp. Studente van ETA het ook die geleentheid gekry om hulle prakties in van hierdie sessies te doen.
Die talentidentifiseringsprogram vir die jaar is Saterdag afgesluit met wedstryde wat op Pacaltsdorp gespeel en wat deur mnr Kidron Kaboni van die George-munisipaliteit georganiseer is.
George-munisipaliteit het in terme van sy Sportbeleid en Strategie Saterdag die Burgemeester Krieket Ontwikkelingsdag aangebied om erkenning te gee aan die behoefte om die nasionale sportsoort plaaslik te ontwikkel. Die Child Active George Krieket Akademie word saam met SWD Krieket as vennote beskou in die toekomstige ontwikkeling van krieket in George.
Die deelname van senior krieketklubs soos Pacaltsdorp en Blanco het hierdie dag suksesvol gemaak.
Krieketgeeste wat tydens die krieketdag afgeneem is, is van links van links Le Roy Hector, André Swiegelaar, Denzil Malgas, Charles Petersen, Kidron Kaboni, rdl Wilbur Harris en Awie Jacobs.