GEORGE KRIEKETNUUS - Met skole van Pretoria, Kimberley en Kaapstad in aksie, gaan Laerskool Outeniqua se opkomende kriekettoernooi een van die grootstes wees wat vanjaar in George aangebied word.
Die toernooi, wat net elke derde jaar in George aangebied word, sal van 22 tot 26 September op ses verskillende velde in George gespeel word. Sportcentre George is die hoofborg.
Die skole wat deelneem is Laerskool Outeniqua, Laerskool George-Suid, Laerskool Newton van Kimberley, Laerskool Paarl Gimnasium, Laerskool Durbanville en Laerskool Lynwood van Pretoria. Elke skool bring 'n o.11- en o.12-span saam.
Die eerste balle klap op Maandag 23 September en alle wedstryde begin om 10:00. Daar sal altesame 24 wedstryde gespeel word op die velde by Laerskool Outeniqua en George-Suid, Hoërskool York, NMU Saasveld, Laerskool Holy Cross en by Rooirivierrif.
Vir George sal dié toernooi 'n redelike fris inspuiting vir die plaaslike ekonomie gee.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'