TUINROETE NUUS - Langenhoven Gimnasium (Gimmies) se eerste krieketspan het die afgelope naweek met ses paaltjies oor York High geseëvier.
York High is ingestuur om eerste te kolf en is almal vir 162 lopies uitgeboul. Jean Bruiners en Julian Jacobs het elk vier paaltjies vir Gimmies laat kantel.
Gimmies het die teiken met ses paaltjies staande, verbygesteek. Bruinders het ook met die kolf uitgeblink en 64 lopies - nie uit nie - geslaan.
Johann Muller het met 36 lopies agter sy naam, 'n groot bydrae tot Gimmies se oorwinning gelewer.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'