Gallery
GEORGE KRIEKETNUUS - George het na die kwarteindronde van die SWD T20-uitklopkompetisie deurgedring nadat hy New Dawn Park verlede Saterdag by Rooirivierrif met nege paaltjies afgeransel het.
New Dawn Park het in sy toegelate 20 boulbeurte 65/7 aangeteken met Danvor Muller (15) en Steward Webber (13) sy beste kolwers.
Vir George het Jaco Janse van Rensburg (3/11) en Franco Geldenhuys (2/6) met die bal uitgeblink.
Neil Hornbuckle (*33) en Wessel Hartslief (28) het die wenlopies (67/1) binne 5,1 boulbeurte geslaan.
Neil Hornbuckle hou sy aflewering stip dop.
Franco Geldenhuys was goed op dreef met die bal vir George en hy het 2/6 in slegs drie boulbeurte ingeoes.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'