Trisha Pollicutte (dogters o.13 met 2338 punte) is as die SA kampioen gekroon.
SUID-KAAP NUUS - Die Kango-grotte SWD-tweekampspan van 62 atlete het die afgelope naweek in Stellenbosch saam met 630 atlete van 15 provinsies aan die aan die 40ste Genessi SA tweekampkampioenskappe deelgeneem.
Die opening Vrydagmiddag is 'n eg Kaapse kleur gegee met die Kaapse Klopse wat die optog van die spanne gelei het.
Die SWD het twee goue, twee silwer- en een bronsmedalje verwerf asook 'n vierde plek in die junior afdeling, vyfde in die senior afdeling. Hulle was ook algeheel vyfde en het in die pro-ses met groot provinsies soos Noord-Gauteng, Gauteng Sentraal en Noordwes afgereken.
Die SWD se achilleshiel bly sy tekort aan senior en veteraanatlete en hy kon dus nie werklik mededingend wees nie.
Die WP is vanjaar as die SA kampioen gekroon gevolg deur die Boland, Gauteng-Noord en Vrystaat.
Johan Windt (meesters) van SWD het die SA rekord (2424 punte) verbeter en hy is ook as senior victor ludorum aangewys. Trisha Pollicutte (dogters o.13 met 2338 punte) is as die SA kampioen gekroon terwyl Eugene van der Merwe (seuns o.13) en Chris van Wyk (veteraan) silwermedaljes verower het. Ander SWD-atlete onder die toptien is Marnus Kotze (6de in seuns o.11), Luke Leggat (7de in seuns o.11), Berenice Chabanel (7de dogters o.11), Gustav Schlechter (5de seuns o.13), Kirsten Barbour (5de dogters o.13), Hannah Kiley (5de dogters o.15), Isabelle Brink (8ste vroue-veteraan), Yvonne du Plessis (5de dogters o.17), Reinard Haupt (7de seuns o.17) en Dylan van Wyk (5de seuns o.19).
Vir eerste keer in die geskiedenis van SA tweekamp is daar ook 'n item vir atlete met gestremdhede aangebied waar vyf van SWD se atlete medaljes ontvang het. Hulle is Anthony Kitson, Maja Ehlers, Elaine Ehlers, Elizabeth Botes en Jafta Maquir.
Die SA kampioenskappe vir 2016 is toegeken aan die Vrystaat en word volgende jaar in Bloemfontein aangebied.
Die Highgate Volstruisvertoonplaas is vanaf 2016 weer die amptelike ankerborg van SWD-tweekamp.
SWD-twee-kamp het by monde van sy voorsitter, Dave van der Walt, hul opregte waardering uitspreek teenoor die Oudtshoorn-munisipaliteit wat al die Oudtshoorn-gebaseerde atlete in die span finansieel ondersteun het asook die Vryburgers van Oudtshoorn wat van die gestremde atlete geborg het. Hy het ook die Kango-grotte, en in besonder hul bestuurder, Hein Gertsner, geloof vir hul waardevolle bydrae as hoofborg die afgelope drie jaar. Dit is nou beëindig.
Tydens die algemene jaarvergadering (AJV) van die SA tweekampvereniging is Dave van der Walt, voorsitter van SWD-tweekamp, as vise-president van SA tweekamp asook as nasionale keurder herkies. Op die AJV is SWD ook uitgesonder as dié provinsie wat die toon aangee wat ontwikkeling aanbetref.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein-Karoo nuus'
Posted on: 14:35 Wed, 08 April 2015
Your Comments
Confirmed Covid-19 cases in Garden Route District: