GEORGE - Die toenemende gewilde SSI 10km wedloop het die afgelope Saterdag in goeie weer plaasgevind toe daar bykans 200 atlete aan die 10km en 5km wedlope deelgeneem het.
Die roete van verlede jaar is aangepas en die wedloop het hoofsaaklik in die omge-wing van Loeriepark en Glenwood plaasgevind.
Die wedloop is in ‘n goeie tyd van 32:03 gewen deur Elroy Galant en is deur die wenners as ‘n lekker vinnige roete beskryf. Al die deelnemers het die wedloop binne die afsny tyd voltooi.
Atlete was verras oor die bonus van ‘n roomys aan die einde van die wedloop en die spesiale glas, wat aan die deelnemers van die 10km uitgedeel is, is as ‘n wenner beskryf.
Verskeie gelukkige trekkings is uitgedeel wat onder andere deur die borg, SSI Ingenieurs en Omgewings Konsultante, geborg is.
Die prysgeld is deur Nigel Wessels van SSI uitgegee.Die onderskeie wenners in die ouderdoms kategoriee is:
Mans ope: Elroy Galant (tydelik) 32:03.
Junior mans: Sinesiphe Didishe (Knysna) 33:52.
Veterane mans: Fana Principal (Rainbow)32:41.
Meester mans: Hermanus Jonkerman (Outeniqua Harriers) 37:41.
Grootmeester mans: Jurgens Swiegelaar (Nedbank) 40:26.
Dames ope: Kerry Roos (Knysna) 42:30.
Dames meester: Marie Wolmarans (Nedbank) 43:20.
Veterane dames: Karen le Roux (tydelik) 47:08.