GEORGE NUUS - Bykans 1 100 drawwers en stappers het by die wegspringstreep gestaan vir die jaarlikse Pie Run – ’n geliefde wedloop aangebied deur De Kleine Loerie Bakkery en Nedbank Running Club.
Dié wedloop, wat ’n 5 km, 10 km en ’n 21 km-roete ingesluit het, het weer ’n dag van pret, samesyn en sportiewe gees op Saterdag 15 Maart verseker.
Van vroegdag af het die reuk van varsgebakte kolwyntjies en warm koffie deelnemers verwelkom, en op die roete van die prentjiemooi kusweg het die entoesiastiese gejuig van ondersteuners ’n motiverende hupstoot gegee.
Die span van De Kleine Loerie Bakkery wil ’n opregte dankie sê aan elke deelnemer, borg en ondersteuner en veral vir Nedbank Running Club wat hierdie dag jaar ná jaar moontlik maak.
Só word ’n tradisie gebou - een wat nie net om wedlooptye draai nie, maar ook rondom die gemeenskap.
Die volgende Pie Run word op 14 Maart 2026 aangebied.
Van links is Leolyn Crowley, Calpurnia Oliphant, Chantal Strauss en Zinah Damons.
Bruce Maboza van Nedbank SWD het van die begin af die leiding geneem en met meer as sewe minute voor die naaswenner geëindig. Catherine Williamson het die vroueafdeling gewen.
Bruce Maboza (wenner 21 km), Jeneane du Plessis (10 km).
In die 10 km het Tyron Andries van Iron-Jawed Multisport gewen, met Jandri Snyders as die wenner in die 10 km vrouekategorie.
Die pryswenners in die ope afdelings is soos volg:
21.1 km Ope
Mans
- Bruce Maboza (Nedbank SWD) 1:09:03
- Asenathi Ndabeni (Thembalethu) 1:16:25
- EJ Pieterse (32GI SWD) 01:17:19
Vroue
- Catherine Williamson (Temp) 1:21:56
- Melissa van Rensburg (Nedbank SWD) 1:26:56
- Kyla Gricius (Temp) 1:31:10
Gilriy Saaiman en Lloyd Bosman (regs).
10 km Ope
Mans
- Tyron Andries (Iron-Jawd Multi Sport) 35:08
- Lloyd Bosman (Nedbank SWD) 35:50
- Awonki Komani (Knysna) 37:19
Vroue
- Jandri Snyders (Hartenbos) 40:08
- Hanli Etsebeth (Boxer) 40:36
- Cherise Carreira (Boxer) 41:05
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’