In die proses het SWD drie medaljes in die tweekamp en ses in die Biathlo ingepalm wat ‘n uitstekende prestasie is as die hoogs kompeterende omstandighede in ag geneem word.
Tweekamp: Wouter Zonnenstein (S/15) het ‘n silwermedalje verwerf. Sy swemtyd van 57,74 was die naas-vinnigste in die kampioenskappe en vir ‘n 0/15-atleet is dit ‘n uitstaande prestasie.
Nehan Pretorius (S/11) en Basson Engelbrecht (S/17) het beide brons-medaljes verwerf.
Biathlo: Nehan Pretorius (S/11) het goud ontvang vir sy puik vertoning.
Wouter Zonnestein het ook hier silwer verseker terwyl May du Plessis (D/15) en Wilko Pretorius (S/13) ook silwerware gebuit het.
Reinhard Haupt (S/11) en Johan Windt (sen vet) het bronsmedaljes ontvang.
Ander puik prestasies was Heline Botma (D/11, 2155) 6de, Reinhard Haupt (S/13, 2260) 6de, Wilko du Preez (S/11, 2247) 9de, en May du Plessis (D/15, 2357) 5de.
Die volledige uitslae is op SWD Tweekamp se webtuiste, www.swd-tweekamp.co.za, beskikbaar.
Tydens die algemene jaarvergadering is Dave van der Walt van SWD weer op die SA uitvoerende bestuur asook op die nasionale keurkomitee verkies.
Die SA Kampioenskappe vir 2013 is ook aan die SWD en Oudtshoorn toegeken.
_jpg2 (Small)(1).jpg)
Die gedugte SWD-tweekampspan wat die provinsie se vlag hoog laat wapper het tydens die SA Tweekampkampioenskappe en met verskeie medaljes teruggekeer het.