GEORGE NUUS - Outeniqua Harriers bied Saterdag 'n 10 km- en 3 km-pretloop by Carpe Diem-skool aan. Dié wedlope is 'n voorloper vir die Kansa-aflos wat later die middag ook by Carpe Diem plaasvind.
Die wedloop begin en eindig by Carpe Diem. Die roete is 'n uit-en-terug-roete na en van die omgewing van Heatherpark.
Die inkomste uit die wedloop gaan ten bate van Kansa. Atlete kan die wedloop gebruik as 'n losmaker vir die Twee Oseane wat oor die Paasnaweek plaasvind.
Voorafinskrywings vir die wedloop kan tot Donderdag 22 Maart by Top Gear Sport in Meadestraat gemaak word asook op Saterdag 24 Maart vanaf 05:30 by Carpe Diem. Laatinskrywings by die skool kos R20 ekstra.
Die inskrywingsgeld beloop R55 vir klubatlete en atlete wat 'n tydelike lisensie benodig moet R35 ekstra betaal.
Daar is prysgeld vir alle kategoriewenners en alle atlete wat die wedloop voltooi sal 'n medalje ontvang.
Die afsnytyd vir atlete is 90 minute.
Die prysuitdeling sal om 08:30 ná afloop van die wedloop plaasvind.
Bel Duppie by 084 501 0168 vir meer inligting.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'