GEORGE NEWS - Dit was met groot opwinding dat Olympia Vaardigheidskool in Pacaltsdorp op Saterdag 16 Mei om 07:00 sy eerste 10 km-wedloop aangebied het. Die wedloop, bekend as die Olympia Celebratory Run, het deel gevorm van die skool se 25-jaar-vieringe.
Verskeie bekende langafstandatlete, onder andere Lloyd Bosman, Selwyn Matthews, Melissa van Rensburg en Annatjie Botes, het die geleentheid bygewoon en aan die feestelikhede deelgeneem.
Benewens die 10 km-wedloop is daar ook 'n 3 km- en 5 km-pretdraf aangebied waaraan lede van die gemeenskap kon deelneem en wat bygedra het tot die feestelike atmosfeer van die dag.
'n Kraakvars vroegoggend wegspring vir atlete wat aan die die 3 km- en 5 km-pretdraf wou deelneem.
Die waarnemende skoolhoof, Reginald Mitchell, het gesê die skool beoog om die wedloop 'n jaarlikse instelling te maak. Hy het ook sy waardering uitgespreek teenoor Coastline Running Club, wat as aanbieder van die geleentheid opgetree het, vir hul ondersteuning en insette om die dag moontlik te maak.
Van links is Reginald Mitchell (waarnemende skoolhoof), Desmond Prins (aankondiger) en Overton November (ondersteuner).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’