Die sangroepe, Rastas, Koikoi, Hakkiesdraad en Idols het bygedra tot die aand se sukses.
Olimpiese atlete Elroy Gelant en Anel Oosthuizen was ‘n groot aantrekkingskrag.
Die 19-jarige Ruben Dlephu van Langeberg-atletiekklub was eerste oor die wenstreep in die 8 km padwedloop vir ope-mans. Die Nedbank SWD atlete, Elfonzo Pieterse en Dullan Solomons was onderskeidelik tweede en derde oor die wenstreep.

