GEORGE NUUS - Jacques Mouton en Carla Spangenberg het Sondag by die Comrades tussen Durban en Pietermaritzburg die vaandel vir Grasshopper Outeniqua Harriers gedra.
Mouton, wat vanjaar aan sy 20ste Comrades deelgeneem het, het die op-Comrades in 'n tyd van 07:35 afgelê en 'n gesogte silwermedalje net-net gemis. Spangenberg het die wenstreep in 'n puik tyd van 08:38 oorgesteek.
Outeniqua Harriers het 'n groep van 18 atlete na die Comrades gestuur en almal het die wedloop binne die voorgeskrewe afsnytyd van 12 uur voltooi.
Carla Spangenberg was Outeniqua Harriers se topvrou by die Comrades met 'n tyd van 09:38.
Die groep atlete van Outeniqua Harriers het Sondag aan die Comrades in Durban deelgeneem. Agter, van links: (tye word tussen hakies aangegee): Danie van der Merwe (11:28), Hermanus Stoffberg (11:40), Jan Brink (10:39), Iniel Hattingh (10:45), Jacques Mouton (07:35), DJ Oosthuizen (10:19). Middel: Lourens Kerspuy (08:55), Israel Jacobs (11:55) en Kobus Boshoff (08:09). Voor: Susan Doubell (11:33), Clare Labuschagne (11:42) en Carla Coetzee (08:38). Foto: Adél Kruger
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'