GEORGE ATLETIEKNUUS - Die George-streekproewe verlede Saterdag by Hoërskool Outeniqua is deur talle topvertonings gekenmerk.
Hugo Redelinghuys moes behoorlik rondskarrel om van die nuwe byeenkomsrekords op kamera vas te vang.
Gillian Hector (Kwaggas) verbeter die verspringrekord vir dogters o. 14.
Chanelle Brits (Kwaggas) het dié seisoen die hamergooi vir dogters o. 14 reeds drie keer verbeter.
Cohen Gallant (York) is onoorwonne in die 100 m en 200 m.
Carla du Plessis (Glenwood House) stel nuwe hoogspringrekord van 1,75 m op (dogters o. 19).
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'