HEIDELBERG NUUS - Negentien atlete van Heidelberg-atletiekklub het die hardloopseisoen afgeskop met hul deelname verlede Saterdag aan die Kango-marathon wat in Oudtshoorn aangebied is.
Altesame 17 atlete het die 42,2 km aangepak en twee die 21,1 km.
Die uitslae van die atlete is as volg:
- Johan Stemmet (2:59:11).
- Danie Geldenhuys (3:21:19).
- Analie Heyns (3:23:40).
- Wendy Joubert (3:30:37).
- Redowaan Mert (3:35:05).
- Nico Steyn (3:35:05).
- Mari Gunter (3:41:09).
- Elsa van der Merwe (3:43:05).
- Elona Keyser (3:44:04).
- Estelle Swart (4:07:03).
- Hénoe Stoffberg (4:08:14).
- Mariska van Wyk (4:23:29).
- Brian Jullies (4:31:04).
- Lientjie de Beer (4:39:59).
- Estelle Barkley (4:42:55
- Johan Uys (4:42:56).
- Johann van Rooyen (4:54:27).
In die halfmarathon het Heidelberg se Analie Heyns 'n eerste plek behaal in die kategorie vir vroue (50-59 jaar).
Atlete van Heidelberg-atletiekklub wat in Oudtshoorn aan die Kango-marathon deelgeneem het. Agter, van links is Reece Hughes, Danie Geldenhuys, Nico Steyn, Henoe Stoffberg, Johan van Rooyen en Callie Jordaan. Voor: Elsa van der Merwe, Elona Keyser, Analie Heyns en Wenday Joubert.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'