GEORGE NUUS - Laerskool Outeniqua het verlede Dinsdag, 9 November, die Nashua-atletiekbyeenkoms aangebied.
Dit was die eerste byeenkoms sedert die uitbreek van Covid-19, met 12 skole en sowat 800 atlete wat deelgeneem het.
Anika Pretorius het 'n 2de plek behaal in die 75 m-hekkies vir dogters 13 jaar. Haar tyd was 13:47s.
Lunen Coetzer seil oor die lat in hoogspring vir seuns 12 jaar.
Zani Vermeulen maak gereed vir haar landing in verspring (dogters 13 jaar).
Kirwan November het 'n nuwe rekord opgestel in gewigstoot (seuns 12 jaar) met 'n afstand van 12,07m.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'