GEORGE NUUS - Met die driekampseisoen in volle gang is Eden-driekamp in hul noppies met die groot hoeveelheid junior atlete (11 jaar en jonger) wat by Hoërskool Outeniqua in George aan die eerste driekamp-oefenbyeenkoms van die seisoen deelgeneem het.
Dié byeenkoms is deur Franna Vorster aangebied.
Driekamp is internasionaal 'n vinnig groeiende Olimpiese sport en is uitstekend vir kinders se motoriese ontwikkeling en uithouvermoë aangesien dit uit drie dissiplines bestaan wat aaneenlopend plaasvind, naamlik swem, fietsry en hardloop.
Die sportterrein by Hoërskool Outeniqua is ideaal uit 'n toeskouers- asook 'n veiligheidsoogpunt met ouers en ondersteuners wat die deelnemers op die volle roete kan dophou en ondersteun.
Die uitslae was as volg:
5 en jonger (25 m-swem, 500 m-fietsry, 200 m-hardloop):
Dogters: 1. Lea de Jager.
Seuns: 1. Ben Bond. 2. Eldo Strauss. 6-7 jaar (25 m-swem, 1 km-fietsry, 400 m-hardloop):
Dogters: 1. Sophia van der Merwe. 2. Maeva Cronje. 3. Danielle Bond.
Seuns: 1. Bastian Vorster. 2. Almero van Niekerk. 3. Cameron McEwan.
8-9 jaar (50 m-swem, 2 km-fietsry, 800 m- hardloop):
Dogters: 1. Annaelle McEwan. 2. Simoné Liebenberg. 3. Emily King.
Seuns: 1. Liam Human. 2. Alec Cronjé. 3. Ruben Marais.
10-11 jaar (100 m-swem, 2.5 km-fietsry, 800 m-hardloop):
Dogters: 1. Karli Lötter. 2. Tyla-Ray Glynn.
Seuns: 1. Daniël van Zyl. 2. Luuk Pretorius. 3. Christo Kok.
Lea de Jager wys haar slag op haar fiets.
Die volgende byeenkoms vir juniors (11 jaar en jonger) is op 15 Februarie 2019.
Meer besonderhede sal binnekort bekendgemaak word. Belangstellendes kan vir Corné Hattingh van Eden Triathlon bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
Hou ook gerus Eden Triathlon se Facebook blad dop vir driekamp-gebeure.
Die groep agt- en negejariges het by Hoërskool Outeniqua aan die eerste driekamp-oefenbyeenkoms vir juniors (11 jaar en jonger) van die seisoen deelgeneem. Franna Vorster (agter) was in beheer van sake. Foto's: Deidre Cloete
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'