Gallery
GEORGE NUUS - Die Eden-driekampspan het die afgelope naweek geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer ooit aan die nasionale driekampkampioenskappe deelgeneem het.
Vanjaar se kampioenskappe is in die Vrystaat by Maselspoort naby Bloemfontein aangebied.
Altesaam 6 atlete uit die Eden-streek het deelgeneem en hul uitslae was as volg:
Seuns 12-13 jaar
(400 m-swem, 10 km-fietsry en 2,5 km-hardloop)
Josua Vorster 6de; Hanno Maritz 9de.
Dogters 14-15 jaar
400 m-swem, 10 km-fietsry en 2,5 km-hardloop)
Linèl Engelbrecht 10de.
Seuns 14-15 jaar
(400 m-swem, 10 km-fietsry en 2,5km-hardloop)
Christiaan Hattingh 3de.
Seuns 16-17 jaar
(750 m-swem, 20 km-fietsry en 5 km-hardloop)
Ian Burger 15de.
Vroue 55-59 jaar
(1500 m-swem, 40 km-fietsry, 10 km-hardloop)
Tina van Wyk 2de.
Volgens Franna Vorster, 'n voormalige Springbok-driekampatleet en deesdae afrigter by Springtide Triathlon Academy in George, was die standaard by die byeenkoms baie hoog.
Die feit dat die Eden-span met twee atlete op die podium kon eindig, is verblydend en 'n bevestiging van die hoeveelheid talent wat hier in die streek is, aldus Vorster.
Gerhard Liebenberg, voorsitter van Eden-driekamp, kon kwalik sy trots verberg. "Die uitslae maak al die harde werk - om Eden-driekamp as sportfederasie op die been te bring - die moeite werd en ons begin nou die vrugte daarvan pluk," het hy ná afloop van die byeenkoms gesê. Liebenberg het al die atlete gelukgewens met hul prestasies, maar daar lê volgens hom nog baie werk voor om die sport in die streek te bevorder.
Eden-driekamp hoop om volgende jaar 'n groter span SA's toe te stuur en beplan om heelwat meer byeenkomste plaaslik aan te bied en sodoende geleenthede vir atlete, juniors en seniors, te skep.
Hulle wil ook graag die sport onder skoolkinders bevorder met, onder andere, 'n skolereeks wat vir die streek beplan word.
Belangstellendes kan vir Corné Hattingh van Eden-driekamp bel by 083 289 2544 of per e-pos by edentriathlon@gmail.com.
Hou ook gerus Eden-driekamp se Facebook-blad dop vir driekampgebeure.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'