GEORGE NUUS - Die Toring na Toring se 10 km-wedloop, wat voorheen deur Outeniqua Harriers aangebied is, keer weer terug op Atletiek SWD se wedloopkalender met 'n bykomende 3 km-pretloop wat bygevoeg is.
Doughgetters George is die hoofborg.
Die wedlope word op Woensdag 12 Desember aangebied met atlete wat om 18:00 by die NG Kerk Bergsig in Vierdestraat in George-Oos wegspring. Inskrywings kan tot Maandag 10 Desember aanlyn gedoen word by www.aswd.co.za asook by Top Gear Sport.
Laatinskrywings kan die aand van die wedloop by NG Kerk Denneoord van 16:30 gedoen word.
Inskrywingsgeld is R55 vir klublede wat vooraf inskryf. Atlete wat nie aan 'n klub behoort moet R35 ekstra betaal en laatslapers moet 'n ekstra R20 opdok.
Daar is prysgeld vir die wenners in die verskillende kategorieë en daar sal ook 'n gelukstrekking wees.
Medaljes word uitgedeel aan elke atleet wat die 10 km-wedloop voltooi.
Die prysuitdeling is om 20:00.
Bel vir Duppie by 084 501 0168 vir meer besonderhede.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'