GEORGE NUUS - Vyf van die Cheetahs-oefengroep se atlete het SWD die naweek verteenwoordig by die SA landloopkampioenskappe. Hulle het met uitstekende prestasies teruggekeer.
Die Cheetahs is 'n onafhanklike oefengroep wat oefen onder die leiding van Jurgens en Mari Zwiegelaar. Die atlete behoort aan Outeniqua Harriers en Nedbank-atletiekklub in George.
Uitslae van die atlete in hul onderskeie afdelings as volg:
Cameron McEvan, 20ste (9:00 minute), Niel Cawood, 36ste (10:56 minute), Caitlyn Cawood, 4 de (11:53 minute), Annabelle Mc Evan 5de (12:14 minute) en Jac du Plessis, 4de (11:04 minute).
Lenka Viljoen het Saterdag (18 September) in Mosselbaai aan die Worpe-kompetisie deelgeneem waar sy haar goed van haar taak gekwyt het.
Sy was eerste in die gewigstoot met 'n afstand 11:90 m en ook eerste in die spiesgooi met 'n afstand 28:15 m.
Agter, van links is Caitlyn Cawood, Niel Cawood en Lenka Viljoen. Voor: Jac du Plessis, Cameron McEvan en Annabelle McEvan.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'