TUINROETE NUUS - Meer as 1 100 atlete het aan vanjaar se George Outeniqua-marathon deelgeneem.
Dié wedloop, aangebied deur die Outeniqua Harriers-atletiekklub met die ondersteuning van die George-munisipaliteit, lok jaarliks talle atlete en word as een van dié mooiste wedlope in die land beskryf.
Atlete kon kies tussen 42,2 km, 21,1 km en 10 km-wedlope wat elkeen op verskillende punte rondom George begin het.
Die 42 km het by die Trail Kiosk in die Van Riebeeck-tuine begin, die 21,1 km by die Tuinroete-dam en die 10 km by die Wilderness Commonage waar al drie ook geëindig het.
Die weergode het mooi saamgespeel en ná 'n week van reën kon die atlete 'n heerlike sonskyndag in ideale weersomstandighede, geniet.
John April, wat deelgeneem het aan die 42,2 km senior mans-afdeling, het sy 2023-titel verdedig en weer vanjaar gewen in 'n tyd van 2.35.06 en Nedbank WP se Landie Greyling het die 42,2 km senior vroueafdeling gewen in 'n tyd van 3.16.53.
Die wedloop sal volgende jaar plaasvind op 26 April en die Harriers beloof dat dit weer 'n groot een sal wees.
FOTOGALERY: DIE MOOISTE MARATHON LOK 1100 ATLETE
Uitslae:
42,2 km – Senior Mans
1. John April het sy title van 2023 verdedig en weer gewen in n tyd van 2.35.06
2. Neil Broers – Atlantic Atletiek Klub – 2.41.55
3. Melikhaya Msizi Knysna Marathon Klub – 2.45.16
Senior Dames
1. Landie Greyling – Nedbank WP –
2. Anna Haw - Knysna Marathon Klub – 3.18.38
3. Candice Hall – Caribineers – 3.23.00
21.1 km- Senior Mans
1. Bruce Maboza – Nedbank SWD- 1.11.10
2. Godwin Heyns – Nedbank SWD – 1.11.17
3. Amber Jade Claassen – Nedbank SWD – 1.18.07
Senior Dames
1. Ebeth Marias – 32GI SWD – 1.22.29
2. Carla Spangenberg Nedbank SWD – 1.33,56
3. Tihanna Hattingh – 32GI SWD – 1.34.20
10 km - Senior Mans
1. Francois Maquassa – Nedbank SWD – 32.05
2. Selwyn Matthews - Nedbank SWD- 32.44
3. Ricp van der Horst – Nedbank SWD- 32-52
Senior Dames
1. Cherise Carreira – Boxer Atletiekklub – 41.36
2. Becky de Swart – Tydelike Nommer – 44.38
3. Anelisiwe Mluguza – Thembalethu Wellness Club – 48.21
Die wedloop sal volgende jaar plaasvind op 26 April 2025 en die klub beloof om dit weer n groot wedloop sal wees.
MUST 4Aphiwe Nqweniso, Thembinkosi Sojola en Sean Siqenu van die Thembalethu Wellness Club het die marathon saam geniet.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’