Gallery
GEORGE NUUS - Die 16-jarige Stephany Petro was Saterdagoggend die eerste vrou oor die wenstreep by die Total Jeugdag 10 km-padwedloop in 'n vinnige tyd van (39:41).
Die wedlope, wat by Courtenaystraat in George begin en geëindig het en 600 deelnemers gelok het, is deur Nedbank SWD-atletiekklub aangebied.
Die junior atlete, Candice van Beulen (40:54) van Nedbank SWD, Nadine Malan (42:35) van Plettenbergbaai-atletiekklub en Brittney-Ann Meyer (42:36) ook van Nedbank SWD, het vir Stephany gevolg.
Die Nedbank SWD-atlete, Lloyd Bosman (30:13), Godwin Heyns (31:18) en Donavan Jantjies (33:02) was baas in die opeafdeling vir mans.
Die 3 km-pretdraf is deur die 15-jarige Renier Jansen, 'n gr. 9-leerder by Hoërskool George, ingepalm. Die 11-jarige, Mickaella Pypers, 'n gr. 6-leerder by Laerskool George-Suid, was die eerste vrou oor die wenstreep.
Inspirasie vir die nasie. Ronaldinho Davidson het die 3 km tydens die Total Jeugdag-wedlope met sy kunsbeen voltooi. Foto's: Anton Gericke
Kategoriewenners 10 km:
Juniors:
1. Luther Blaauw (33:52), 2. Christiaan Lingerveldt (34:33) beide Nedbank SWD, 3. Rubin Geduld, Rainbow AK (34:40), 4. Sibonele Human, Knysna-marathonklub (34:49), 5. Ricardo Cornelius, Cape Multi Sport (35:03).
Opemans:
1. Lloyd Bosman (30:13), 2. Godwin Heyns (31:18), 3. Donavon Jantjies (33:02) almal van Nedbank.
Veterane:
1. Wouter Frazenberg, (34:28), 2. Mxolisi Fana (34:50) beide van Outeniqua Harriers.
Meesters:
1. Anton Chevalier (39:30), 2. Hermanus Jonkerman (40:58) beide Nedbank.
Grootmeesters:
1. Sidwell Oktober, Rainbow-atletiekklub (42:32), 2. Patrick Rawlins, Outeniqua Harriers (43:37).
Groot-grootmeesters:
1. Abraham Coetzee, Knysna-marathonklub (52:22), Leslie Stuart, Hartenbos Drawwers (52:42)
Stappers:
1. Bradley Carelse (53:47), 2. Maxwell Brown (1:00.22) beide Nedbank.
Junior vroue:
1. Stephany Petro (39:41), 2. Candice van Beulen (40:54), beide Nedbank, 3. Nadine Malan, Plettebergbaai AK (42:35), 4. Brittney-Ann Meyer, Nedbank (42:36), 5. Michelle van Heerden, Knysna MK (51:17).
Opevroue:
1. Stephany Petro (39:41), 2. Candice van Beulen (40:54) beide Nedbank, 3. Nadine Malan, Plettenbergbaai AK (42:35).
Veterane:
1. Annegret Pauw (45:23), 2. Carike Fourie (45:53) beide Nedbank.
Meesters:
1. Agnes Nieburg, Profile-EPA (46:39), 2. Annemarie van der Westhuizen, Nedbank (50:48)
Grootmeesters:
Annatjie Botes (42:53), 2. Mariette de Haan (54:30) beide Nedbank.
Groot-grootmeesters:
1. Anna-Mari van Eck (1:08.32), 2. Daleen le Roux (1:13.07) beide Nedbank.
Stappers:
1. Liezel van Wyk (1:04.27), 2. Louw-Ann Lourens (1:08.58) beide Nedbank.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'