GEORGE NUUS - The Amazing Race wat Saterdag 25 September ten bate van die Zenzele-nasorgsentrum in Blanco aangebied is, was 'n groot sukses.
Agtien spanne het deelgeneem. Vernice Botha van Zenzele sê dit was hope pret en almal het dit vreeslik geniet.
"Ek dink die gemeenskap sien definitief uit na die volgende een. Weereens baie dankie aan almal wat die funksie bygewoon het en 'n spesiale dankie aan ons borge."
Besoek die Facebook-blad, Zenzele Pas à Pas Aftercare Centre, vir nog foto's.
Leonardo de Bruyn (links) en Brucile Esau, Span Maroon, was derde in The Amazing Race.
Linwill Manewil (links) en Annestine Cloete van Team Light Pink was tweede. By hulle is Shan-Dee Cloete van Zenzele.
Al die deelnemers aan The Amazing Race.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'