GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua het Saterdag, 11 April, op hul tuisveld ’n indrukwekkende vertoning gelewer deur Boland Landbouskool met 34 - 24 te klop.
Die Kwaggas het van die afskop af vasgebyt en hul oorheersing op die rugbyveld gewys om ’n welverdiende oorwinning te verseker.
Dit was egter nie net op die rugbyveld waar Outeniqua uitgeblink het nie.
Die meisie-hokkiespanne het ook hul staal gewys teen La Rochelle Meisieskool van die Paarl.
Met altesaam tien wedstryde wat op Outeniqua se grasveld en astrobaan beslis is, het die spanne drie oorwinnings behaal, vyf keer gelykop gespeel en twee wedstryde verloor.
Kwaggas se o.16 A meisiespan hokkie
Kwaggas se eerste meisiespan hokkie
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’