SKOLE NUUS - Die naweek van 15 tot 17 Mei sal vir altyd 'n spesiale plekkie in die harte van die oud-Kwaggas hê wat die klas van 1976 se 50 jaar reünie bygewoon het.
Hulle skop die Vrydag af met 'n heerlike kuier by Elvis Brew, waar herinneringe oor 'n koppie koffie gedeel is en ou bande weer gesmee is.
Vandaar het hulle saam 'n uitstappie na die pragtige Heroldsbaai geniet - 'n tyd om weer saam te wees en die see en mekaar se geselskap te waardeer.
Saterdagoggend het met 'n gesellige ontbyt by Kafe Serefé afgeskop, vol lag, stories en dankbaarheid vir hoe ver hulle almal gekom het.
Die hoogtepunt van die naweek was beslis die Saterdagaand - 'n ware vyfster ervaring by die Hawthorn Boutique Hotel. Dit was besonders om hulle metgeselle saam met hulle te hê, en om weer kontak te maak met twee van ons geliefde oudonderwysers,
Flip de Swardt, sy vrou Rina en Koos van Tonder. Die naweek is met 'n kerkdiens by die NG Moedergemeente afgesluit.
Hierdie reünie was nie net 'n bymekaarkoms nie - dit was 'n emosionele, opregte en onvergeetlike ervaring. 'n Naweek vol herinneringe, vreugde, 'n tikkie nostalgie en dankbaarheid vir die pad wat hulle 50 jaar gelede saam begin het.
Die klas van 1976 - altyd Kwaggas, altyd verbind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’