GEORGE NUUS - Hoërskool Outeniqua se Vokale Ensemble het Saterdag 28 Augustus 'n besondere prestasie tydens die eindronde van die Tygerberg Internasionale Eisteddfod behaal.
Van die 102 kore wat aan die uitdunrondes deelgeneem het, is slegs 23 gekies om aan die eindronde deel te neem.
Die Vokale Ensemble het die Kontemporêre Kamerkoor-kategorie gewen en met 'n gemiddelde punt van 94,6%, wat ook die hoogste punt van al die deelnemende kamerkoor-ensembles is, behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’