GEORGE NUUS - Dit was onlangs 'n besige en leersame tyd by Hibernia Primêr, met verskeie besoeke en 'n ruimhartige skenking wat die leerders se week ekstra spesiaal gemaak het.
Op 2 September het die George-brandweer die skool besoek om met die leerders oor veiligheid te gesels. Die besoek het die kinders die geleentheid gegee om meer oor brandveiligheid en die belangrikheid van veiligheids-maatreëls te leer.
Op 6 Augustus het die gr. 3-leerders 'n besoek van die George-museum ontvang.
Die museumspan het hul kennis en insigte oor klimaat-verandering met die leerders gedeel en die besoek in 'n waar-devolle leerervaring omskep.
Hibernia Primêr bedank PNA George vir die verskeidenheid kouse wat aan die skool geskenk is.
Maria de Vos van die George-museum het die gr. 3-leerders ingelig oor klimaatsverandering en die impak daarvan op ons omgewing. Foto: Verskaf
"Julle ruimhartigheid en ondersteuning maak 'n groot verskil. Ons waardeer julle gebaar onge-looflik baie," het die skool gesê.