Gallery Video
GEORGE NUUS - Pacaltsdorp Primêr het verlede Vrydag, 31 Januarie, laat waai met hul jaarlikse kleuresport. Die Blou-, Groen-, Rooi- en Geelspan het meegeding om die titel as wenners van die dag.
Vanjaar het die Geelspan almal uitgestof. Nie net op die punteleer nie, maar ook met hul geesdrif.
Dit was te pragtig om te sien hoe die kleingoed hulself geniet, en die ouers hulle kinders kom ondersteun.
FOTOGALERY - Pacaltsdorp Primêre Skool Kleuresport 2025
Sommige het reggemaak vir 'n lekker lang oggend en kampstoele saamgebring vir 'n plekkie onder die koeltebome.
Oudonderwyser Riaan Rondganger, was die afsitter van die byeenkoms.
Rondganger het reeds verlede jaar afgetree, maar help graag met sulke groot geleenthede.
VIDEO - Verskaf deur Pacaltsdorp Primêre Skool:
Riaan Rondganger (links) as afsitter van die byeenkoms, by die 60 m-wedloop vir o. 9-seuns. Rondganger het reeds verlede jaar afgetree, maar help graag met sulke groot geleenthede. Saam met sy vrou, juf. Amoré Rondganger (agter middel), maak hierdie twee 'n gedugte span! Juffrou Lorraine Carolus (regs) hou die vlag vas.
Krishnan Pietersen hardloop lekker gemaklik op die atletiekbaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’