Met die vooruitsig van immer-stygende elektrisiteitskoste en brandstof-, vervoer- en kospryse nou op histories hoë vlakke staar verbruikers groot uitdagings in die gesig om daaglikse uitgawes onder beheer te hou, sê Neville McIntyre, voorsitter van Aida, Suid-Afrika.
As jy dus nou jou huis moet opknap, maak dit sin om soveel moontlik energiebesparende en ander 'groen' elemente by jou planne in te sluit. Dit mag aanvanklik ietwat meer as tradisionele keuses kos, maar besparings oor die langtermyn sal help om vir stygende kragkoste en ander huishoudelike uitgawes te vergoed.
Energiedoeltreffendheid
- Kragbesparing behoort hoog op die agenda te wees in die lig van Eskom se versoek vir hoër tariewe, wat eenheidskoste oor die volgende vyf jaar laat sal verdubbel. Baie huiseienaars skakel reeds oor na sonkrag of hittepompe om water te verwarm aangesien warm water 'n hoë persentasie van kragkoste verteenwoordig. Oorweeg alternatiewe metodes om water te verwarm al beplan jy geen ander opknapping aan jou huis nie.
- Ander maniere waarop huiseienaars krag kan bespaar is byvoorbeeld om seker te maak dat enige verkoeling- of verwarmingstelsel effektief werk deur die huis behoorlik te isoleer sodat die hitte in die winter binne en in die somer buite bly. Isolering van vensters en dakke verdien oorweging en deure moet behoorlik pas.
- As nuwe toestelle deel van die opknapping uitmaak, word verbruikers aangeraai om energiedoeltreffende modelle te kies Energiebesparende gloeilampe word nou algemeen gebruik, maar die doeltreffendheid van LED-ligte het onlangs ook drasties verbeter. Losstaande tuinligte wat deur sonkrag gelaai word nou baie goedkoop is en behalwe dat dit tuine snags in 'n sprokieswêreld kan omskep, kan dit in gevalle van kragonderbrekings maklik as noodligte in die huis gebruik word.
- Waterverbruik is 'n tweede gebied waar besparings gemaak kan word. Indien opknapping loodgieterwerk insluit, kan huiseienaars 'n gryswaterstelsel oorweeg sodat hulle bad- en stortwater vir tuinwater kan gebruik.
- Tenks wat reënwater vir tuingebruik opvang kan munisipale waterverbruik en die waterrekening verder besnoei.
- Toestelle soos skottelgoedwassers of wasmasjiene wat ontwerp is om min water te gebruik is ook 'n goeie idee.
- As kombuise en badkamers opgeknap word, kan krane en stortkoppe wat min water gebruik maar volume met lugborrels aanvul, of toilette met kleiner watertenks, help om daaglikse waterverbruik te beperk - en hoe-
- wel dit elke dag net klein hoeveelhede bespaar sal dit aan die einde van die maand 'n beduidende bydrae tot 'n laer waterrekening maak.
Uitgereik deur Aida National Franchises.