GEORGE NUUS - Die burgemeesterskandidaat van die Vryheidsfront vir George is adv. Gert van Niekerk, adjunkleier van die VF Plus, Wes-Kaap. Van Niekerk dien op beide die provinsiale dagbestuur van die VF Plus en die nasionale federale raad van die Vryheidsfront Plus.
Van Niekerk is sedert die 2016 munisipale verkiesing 'n proporsionele raadslid in die George-munisipaliteit en is ook die Artikel 79 GIPTN-komitee, visevoorsitter van die Artikel 79 MPAC-komitee belas met finansiële oorsig en dien op verskeie artikel 80 komitees in die munisipaliteit.
Van Niekerk het 'n bewese agtergrond in bestuur met tersiêre kwalifikasies in personeelbestuur, risikobestuur, arbeids-verhoudingbestuur, verliesbeheerbestuur en het ook bewese praktiese ervaring van openbare busvervoer in stedelike gebiede.
Die enkel mees belangrike aspek wat Van Niekerk hom onmiddellik op sal toespits is ekonomiese groei vir die stad van George.
Saam met ekonomiese groei kom werkskepping, bemagtiging, armoede en behuisingverligting, drastiese verbetering van dienslewering en algehele vooruitgang vir George en die mense van George.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'