GEORGE NUUS - George se nuwe politieke hoof is Andricus van der Westhuizen, en Tertuis Simmers neem die politieke leisels oor by Kannaland en Oudtshoorn. Hierdie nuwe skuiwe by die onderskeie kiesafdelings is vanaf volgende Maandag 1 Mei effektief.
Van der Westhuizen is geen nuweling op die politieke terrein nie. Hy is sedert 2009 'n lid van die nasionale vergadering van die parlement waar hy op die portefeulje vir hoër onderwys en opleiding dien.
Hy is ook die voorsitter van die DA se provinsiale finansies-komitee en is die afgelope agt jaar die politieke hoof van Stellenbosch.
Volgens Simmers, wat voorheen die pos as kiesafdelingshoof van George beklee het, het hy en Van der Westhuizen reeds koppe bymekaar gesit oor die pad vorentoe. "Ek het 'n objektiewe verslag aan hom oorhandig met advies dat hy die politieke en regeringskwessies van mekaar skei, om sodoende George polities vorentoe te neem vir die 2019 nasionale en provinsiale verkiesing," het Simmers gesê. "Dit sal raadsaam wees as hy ons raadslede en strukture gefokus hou op wat hul primêre rol is."
Van der Westhuizen het al twee keer op die Stellenbosch-stadsraad as speaker gedien (2000 - 2002 en 2006 - 2008) en dien sedert 2001 op die raad van die Universiteit Stellenbosch. Sy akademiese agtergrond en loopbaan is geskoei in die handelswese en het sterk wortels in die onderwys, maar sy liefde vir politiek speel deurgaans 'n groot rol in sy lewe.
"My ouers het in 1965 na Stellenbosch verhuis toe ek 'n klein kannetjie was," het Van der Westhuizen gesê.
Hy sien die nuwe uitdaging in George as 'n avontuur en beoog om minstens twee keer per maand besoek af te lê.
"My hart lê in plaaslike regering, maar my taak is om die strukture van die party te bou. Dit moet vir mense 'n lekker en leersame ervaring wees om na 'n DA-vergadering te gaan. Mense wil graag saam gesels en debatteer oor die dinge wat saak maak. Wat my opgewonde maak van die politiek is om na alle inwoners se vrese en probleme te luister, dit aan te spreek en probeer voorsien aan hulle behoeftes."
We chatted to DA MPP Tertuis Simmers about becoming the constituency head of Oudtshoorn and Kannaland, and the budgeted projects that will be rolled out in George by the relevant Western Cape Provincial Departments during its new three-year budget cycle.
1) You were very busy as political head of George. What do you consider the most important project you got off the ground?
I believe the most important project I got of the ground or, to phrase it better, got to expedite as part of the whole-of-society-approach, was the focus on our need for the upgrading or approval of new key healthcare facilities, education facilities and roads within the current tight national fiscal cycle we find ourselves in.
2) How do you feel about your move to Kannaland and Oudtshoorn?
As an activist and disciplined DA member for 18 years, I respect the decisions made by our federal leadership, as I am not bigger than my party but must rather help to make it bigger across our district, region and province with the goal of a DA national government in the future.
3) Will you still reside in George?
Yes, I will still reside in George and be part of its ratepayer base... so I will still hold all George councillors and George municipal staff accountable for how they spend our funds across all areas.
4) What are the biggest challenges you face with the transition?
Politically the biggest challenge would be to fully understand how the DA is perceived within my new constituency areas and how to build a campaign that will see a further increase in DA support within my new areas of political responsibility.
A further challenge, directly linked to the political one, is to find sustainable solutions to the socio-economic dynamics of an area that is diverse in opportunities to uplift all sectors of the broader communities in both areas.
Lees meer oor die projekte wat vir George uitgerol gaan word binne die volgende 3 jaar.
Lid van die provinsiale parlement, Tertuis Simmers, is die nuwe politieke hoof van Kannaland en Oudtshoorn.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'