GEORGE NUUS - 'n Top-amptenaar van die George-munisipaliteit sou laat gistermiddag hoor of die raad hom gaan skors hangende 'n ondersoek oor beweerde finansiële wangedrag.
Die amptenaar, sowel as 'n portfeulje-raadslid, word ondersoek. Die kwessie handel oor 'n bedrag van R350 miljoen wat namens die munisipaliteit by 'n finansiële instansie belê is.
Die familieverband tussen die raadslid en die makelaar word as 'n kwelpunt hanteer.
Die item is in die konfidensiële blaaie by 'n spesiale raadsvergadering bespreek.
* The possible suspension of a top official of George Municipality was an item in the confidential pages of a Special Council Meeting held yesterday. The official and a portfolio councillor are being investigated for alleged financial misconduct.
'We bring you the latest George, Garden Route news'