Breaking News
GEORGE NUUS - Leon van Wyk is die DA se burgemeesterskandidaat in George. Dit is kort gelede deur dr. Mimi Gondwe, die DA se politieke hoof in George aan George Herald bevestig. Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, het dit ook bevestig.
Dit bring 'n einde aan weke van onsekerheid in die DA en intense spekulasie.
Die DA het die plaaslike regeringsverkiesing, wat twee weke gelede plaasgevind het, sonder 'n burgemeesterskandidaat aangedurf. Die DA het nie 'n volstrekte meerderheid behaal nie, maar daar word verwag dat hy die burgemeester sal wees.
Na verneem word is die kanse goed dat die DA 'n koalisie sal sluit met ander partye soos die VF Plus en die ACDP. Daar is ook spekulasie dat 'n ander party ook betrokke kan raak.
Die steun van die VF Plus en die ACDP sal die DA die meerderheid gee wat hy benodig om te regeer.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'