GEORGE NUUS - 'n Groot eer het 'n plaaslike politikus te beurt geval. Adv. Gert van Niekerk, George-stadsraadslid vir die VF Plus, is tydens die party se provinsiale kongres die afgelope naweek in Kaapstad as een van die party se onderleiers verkies. Die ander onderleier is Peter Marais.
Dr. Corné Mulder, is onbestrede as provinsiale leier herkies. Van Niekerk se verkiesing beteken dat hy saam met Marais, tweede in beheer is van die party in die Wes-Kaap.
Nog 'n inwoner, Gert Niehaus, is verkies tot die dagbestuur. Niehaus is 'n voormalige DA-lid van die stadsraad. Hy was in die verlede ook betrokke by die ACDP. Paulette Stammer, ook 'n inwoner, is verkies tot die inligtings- en bemarkingskomitee.
Van Niekerk het Dinsdag gesê die party beskou George as 'n kardinale groeipunt. Die party groei en volgens hom is daar verskeie redes, waaronder korrupsie en interne struwelinge in ander politieke partye.
Hy glo met die heersende groei van die party, gaan hy die verrassingspakket wees van die munisipale verkiesing wat veronderstel is om later vanjaar plaas te vind.
Adv Gert van Niekerk, a member of the George City Council under the banner of the Freedom Front Plus, has been elected as one of the party's two deputy leaders in the Western Cape. The other deputy leader is Peter Marais. Dr Corné Mulder was reelected unopposed as the provincial leader.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'