Update
MOSSELBAAI NUUS - ‘n Verdagte is die afgelope week in verband met die moord op 'n Pinnacle Point inwoner Marietha Willemse in hegtenis geneem.
Willemse (79) is in Junie op die landgoed in Mosselbaai vermoor nadat sy en haar man, Johannes in ‘n huis in Albatrosstraat aangeval is.
Marietha se liggaam is in ‘n stoel in ‘n vertrek ontdek en sy het ‘n meswond aan haar nek gehad.
Johannes het verskeie steekwonde opgedoen en het die voorval oorleef.
Die Mossel Bay Advertiser het betroubaar verneem dat die persoon wat in hegtenis geneem is van Lesotho is en positief met die moord verbind is nadat vingerafdrukke gevind is.
Die verdagte was voortvlugtend sedert die moord en is na wat verneem word in die Vrystaat vasgetrek.
Hy word in Mosselbaai in aanhouding gehou en sal na verwagting op Maandag, 12 Desember in die Mosselbaai-landdroshof verskyn op onder meer ‘n aanklag van moord.
Die verdagte se identiteit kan eers bekend gemaak word na sy eerste hofverskyning.
Previous articles:
- Dogter reik beloning uit na moord op ma
- 'Security was lax at Pinnacle Point'
- Pinnacle Point murder: police still awaiting forensic results
- 'Dynamic and loving'
- Murder investigation 'at sensitive stage'
- Pinnacle Point attack: husband still in hospital
- Pinnacle Point murder: Statement
- Update: Woman murdered at Pinnacle Point
- Woman murdered at Pinnacle Point
'Ons bring jou die nuutste Mosselbaai, Tuinroete nuus'