So het Izulda Blignaut aan haar man, Braam, gevra tydens ’n rooftog op hul hoewe naby Mooinooi in Noordwes. Die aanval het Braam verlam gelaat.
“My bokka, hardloop, nou! Hier kom hulle!” het Braam sy vrou geantwoord voor sy by die agterdeur van die huis op die hoewe, in die Buffelsfontein-gebied, uit is.
Izulda Blignaut en haar seuns Dylan (2) en Albert (10) by die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa waar haar man, Braam, vir skietwonde behandel word. Hy is verlam gelaat nadat rowers hom by hul huis op ’n hoewe naby Mooinooi geskiet het. Foto: Deaan Vivier
Braam het drie skietwonde, twee in die sy en een in die regterarm, opgedoen. Sy sesde en sewende rugwerwels is “afgeskiet”.
Slegs R250, twee selfone, ’n kamera en ’n hangertjie is in die voorval gebuit.
Braam is in die waaksaal van die Dr. George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa, waar hy aan ’n ventilator gekoppel is.