Video
NASIONALE NUUS EN VIDEO - ‘n Video van Robbie Wessels in ‘n tweestryd op die dansvloer teen ‘n Pretorianer in Menlyn Park Shopping Centre is ‘n treffer op sosiale media.
Wessels se teenstander, Nico Swartz, is bekend vir sy prettige en positiewe videos waarop hy gereeld dans om mense te laat lag.
Hy het onlangs in ‘n nuwe video ‘n groep kantoor-werkers met sy interessante danspassies beïndruk. Die video het Robbie se aandag getrek, en hy het Nico sonder verwyl uitgedaag tot ‘n tweestryd in die bedrywige Menlyn Park.
“Dis ongelooflik hoe baie mense die video al gesien het,” sê Swartz opgewonde.
Kyk 'n video hieronder.
Nico Swartz en Robbie Wessels.