TUNROETE | KAROO NUUS - Die Oudtshoorn Courant nooi mense regoor die streek, en elders in die Wes-Kaap, wat reeds registrasiegeld aan Oppiespoor Aksiegroep betaal het, maar nog geen gelde ontvang het nie, om hulle besonderhede vertroulik aan die Oudtshoorn Courant te verskaf.
Die inligting, tesame met ongeveer 120 name wat reeds ontvang is, sal gebruik word as ‘n maatstaf om te bepaal of daar genoegsame gronde is om in openbare belang, die inligting aan die owerhede te gee met ‘n dringende versoek dat die inligting opgevolg sal word.
WhatsApp asseblief slegs die volgende inligting aan 083 467 1522:
1. Naam en van van persoon/persone wat aansoek gedoen het
2. Dorp
3. Datum (maand en jaar) waarop registrasiegeld betaal is
4. Bedrag wat as registrasiegeld betaal is
5. Bedrag wat volgens Oppiespoor aan u verskuldig is
Indien u nie oor WhatsApp beskik nie, kan u bogenoemde inligting as ‘n Facebookboodskap vir die Oudtshoorn Courant stuur, of dit na ons kantoor deurbel by 044 272 8918.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'