NASIONALE NUUS - Indien jy in besit van 'n vuurwapen is, dit moet hernu of van voornemens is om aansoek vir 'n vuurwapenlisensie te doen, is dit belangrik om te weet dat die nuwe pryse, soos in die Staatskoerant gepubliseer, onmiddellik van krag is.
Nuwe fooie
- Aansoek vir lisensie om 'n vuurwapen te besit: R154
- Aansoek vir 'n geskiktheidssertifikaat: R77
- Aansoek vir 'n duplikaat lisensie, pemit of magtigingssertifikaat: R77
- Aansoek om lisensie uitgereik aan spesifieke kategorieë persone, handelaars, vervaardigers en wapensmede: R1 538
- Aansoek om hernuwing van 'n lisensie, permit of magtigingssertifikaat: R77
- Aansoek om 'n tydelike magtiging om 'n vuurwapen te besit: R154
- Aansoek om hernuwing van 'n handelaars-, vervaardigers of wapensmidlisensie: R769
- Aansoek vir tydelike magtiging om in vuurwapens en ammunisie handel te dryf, om as wapensmid sake te doen en om vuurwapens en ammunisie te vertoon op 'n ander perseel as wat in die handelaars-, vervaardigers- of smeedderlisensie vermeld word: R604.
'n Volledige lys is in die Staatskoerant van 5 Julie, vol 673 beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'