NASIONALE NUUS - Suid-Afrikaners ondervind sedert Donderdag 16 Januarie frustrerend stadige internet op verskeie netwerke.
Volgens internetdiens-verskaffers is die 16 000 km-lange kabel wat Suid-Afrika met die Verenigde Koninkryk (VK) verbind per ongeluk op twee plekke afgesny.
Die een breek het naby die Kongo plaasgevind, met die tweede breek nader aan die VK.
'n Skip met tegnici sou reeds oor die naweek uitgestuur word, maar die sterk wind in Tafelbaaihawe het veroorsaak dat die vaartuig eers Maandag 20 Januarie kon begin om die nodige toerusting te laai.
Die beoogde vertrekdatum was Woensdagaand 22 Januarie. Herstelwerk sal na verwagting nie voor einde Februarie heeltemal afgehandel wees nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa, Tuinroete, Karoo nuus'