JONGENSFONTEIN NUUS - Die polisie op Stilbaai is besig met 'n geregtelike nadoodse ondersoek nadat die liggaam van 'n onbekende man vanoggend,10 Januarie, op die rotse by Jongensfontein gevind is.
Die oorledene was geklee in 'n bloukleurige kortbroek en liggroen T-hemp en hy het blou en swart visvangskoene aangehad.
Sy identiteit is tot dusver onbekend en enigiemand met inligting word gevra om sers. Ludwig Schnetler van die Stilbaai-polisie te kontak by 079 894 1593 of tydens kantoorure by 028 754 6105 of 028 754 6122.
'Ons bring vir jou die nuutste Jongensfontein, Hessequa nuus'