Die tweejarige seuntjie, wat met outisme gediagnoseer is, was by die Noord Lekkerleer Kampus in Pretoria-Noord.
Bester het ongeveer 14:00 by die skool aangekom en personeel gevra waar haar kind is. Hulle het glo vir haar gesê dat hy op ’n bed lê en slaap.
“Toe ek by die bed kom, was hy nie daar nie. Ek het dadelik vorentoe gehardloop en gesien die hekke staan almal oop.”
Bester sê skool-personeel het nie eens agtergekom dat haar kind weg was nie.
“Hoe lank was die kind weg? As ek nie daar aangekom het nie, sou hulle selfs geweet het die kind is weg?”